Get Adobe Flash player

Promoters


Die bekende sangeres en aktrise, Arina de Witt, vertolk die rol van Aria Von Waltzleben, later natuurlik bekend as Fanny Galore.  De Witt sing bekende liedere van Piaf, Callas, Mouskouri, Garland en selfs n paar oorspronklike Afrikaanse juwele.  Arina het haar verhoogdebuut gemaak op vyfjarige ouderdom en neem gedurende haar skoolloopbaan aan verskeie verhoogproduksie deel.  Daarna volg dramastudies aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy ook sangonderrig ontvang van Professor George van der Spuy.  Arina woon daarna vir 'n paar jaar in Namibië waar sy bekendheid verwerf het met verskeie televisie en Swaruk-musiek en dramaproduksies.  Sy maak haar SA televisie buiging in Spies en Plessis met haar en Jan Spies se liedjie Rietjiesfluit.  Arina se debuut CD word in 1992 vrygestel en sluit onder andere Wals van die Somer en Skatkis vol Drome in.  Haar wye stemomvang, veelsydigheid in verskillende genres en tydlose repertoire in verskeie tale, bly haar unieke stempel.

Winkel