Get Adobe Flash player

Promoters


Bekende akteur en verhoogpersoonlikheid, Hennie Smit, gee as Egbertus Wolmarans ‘n komiese en nostalgiese blik op die lewenskonsert van oues van dae waar werklikheid vervaag en latente talent en gebore vermaaklikheidsterre se verslawing aan applous, sorg vir die konsert van ‘n leeftyd.  Hennie is geen onbekende in die verhoog- en vermaaklikheidswèreld nie.  Hy het Drama studeer aan die Goudstad Onderwyskollege en het tydens sy studies in die destydse Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste se operakore gesing.  Hy speel verskeie rolle in radioproduksies vir Springbok Radio en die SAUK.  Hennie het sy debuut gemaak in die rolprent Pretoria, o Pretoria! in 1979, en het daarna in 33 ander filmrolle verskyn, waarvan ses internasionaal was.  Hennie was vir byne 20 jaar te sien in die rol van Bertie is die sepie Egoli – Plek van Goud en was in 2014 te sien in die rol van Dêda, in Lefra Produksies se trefferklug, My Boetie se Sussie se Ou.

Winkel